Reitz se seniors het vanjaar die meeste punte gekry en sodoende die Senior Wisseltrofee verower by Noord-Gauteng se prysuitdeling. Verder het Reitz ook weereens die B-Liga trofee gewen. In 'n poging om op te skuif na die A-Liga, het Reitz met een punt teen Menlo Park verloor. Barco Badenhorst was ook aangewys as die Senior Grieksromeinse Stoeier vir 2015.
|