Saterdagaand 5 November 2011 was Noord-Gauteng se prysuitdeling. Tydens die geleentheid was Barco Badenhorst aangewys as Noord-Gauteng se Stoeier van die Jaar in Grieksromeins vir 2011. Reitzklub het ook twee ander trofees verower nl. * Die wenners vir die B-liga vir 2011 * Netjieste span vir 2011 Reitzklub is ook baie trots op Barco Badenhorst, Henk Wesseloo en Barend Wesseloo wat al drie vanjaar goud op die SA Kampioenskappe gewen het.
|