 |
English version
|
|
|
|
 |
|
 |
 |
Stoei is ‘n sport so oud is soos die mensdom self en funksioneer wêreld wyd deur entoesiastiese vrywilligers, wat baie dae en nagte spandeer aan hierdie ongelooflike sport.
In Suid-Afrika is die basis van hierdie korps van vrywilligers die ouers en stoeiers wat aan bykans 100 klubs reg oor Suid-Afrika behoort en hul dienste beskikbaar stel. Die nege klubs in die Noord-Gauteng streek is ge-affilieer by ‘n vereniging bekend as Noord-Gauteng Stoei.
Noord-Gauteng Stoei, saam met 13 ander verenigings, is ge-affilieer by die Suid-Afrikaanse Stoei Federasie. Die SASF is weer ingelyf by organisasies soos: SASCOC (SA Olimpiese liggaam), CALA (Afrika liggaam), FILA (Internasionale liggaam).
Stoei bied geleenthede vir die hele gesin. Seuns en dogters neem deel aan stoei, terwyl die ouers kan betrokke raak by aspekte soos afrigting, spanbestuur, administrasie en beampte werk. Bied asb. u dienste by die klub aan in een van die bogenoemde. Deurlopende opleiding deur die klub en vereniging word verskaf om u toe te rus vir die werk.
In Noord-Gauteng word stoei beoefen in die volgende ouderdoms groepe:
- Bulletjies 4 tot 9-jariges met die fokus op massa-deelname,
- Jeug - deelname geskied binne ouderdoms- en gewigsafdelings op klub-, provinsiale- en nasionale vlak
- Kadette-, junior- en senior stoei wat nie net binnelands fokus nie, maar ook die meeste internasionale deelnemers oplewer in Suid-Afrika
- Meesters (35 jaar en ouer) – Noord-Gauteng spog met 2 wêreld kampioene
Die psigiese- en fisiese voordele van stoei is algemeen bekend by Opvoedkundige Sielkundiges, Arbeidsterapeute en Biokinetici.
Enkele voordele wat gereeld toegeskryf word aan stoeioefeninge:
- Verhoogde selfvertroue
- Verbeterde spiertonis
- Versterking van die skouergordel
- Verhoogde soepelheid
- Verbeterde hand-oog koördinasie
- Middellyn-kruising probleme word aangespreek
- Verhoging in wiskunde punte
- Leer om aggressie te her-kanaliseer na positiewe energie
- Verlaging in liggaamsmassa by oorgewig kinders
- En die stoeiers se gunsteling: pragtige, natuurlik ontwikkelde en gespierde liggaam.
Neem in ag dat hierdie waardevolle “terapie” verkry word sonder dat dit deur die kind as terapie ervaar word.
|
|
 |
 |
|
 |
|
|
 |
|
 |
 |
|
Daar word drie klubkampioenskappes vir die jaar beplan en al die stoeiers word versoek om deel te neem. ‘n Klubkampioen word in elke gewig bepaal tydens die laaste klubkampioenskap aan die einde van die jaar. Die klub word in twee spanne verdeel (Dicke en Krieke) wat dan wedywer om ‘n wissel-trofee. Daar word slegs in Presidents- gewigte deelgeneem (maw, net gewig en nie ouderdom nie). Daar word ook ‘n trofee vir die span met die beste spangees, uitgegee.
|
|
 |
 |
|
 |
|
|
 |
|
 |
 |
Die spanbestuurderskomitee, in samewerking met die afrigterskomitee, sal die volgende beleid volg vir die kies van spanne:
1 Nominasies
1.1. Indien geen proewe of kampioenskap plaasgevind het nie, sal klubs versoek word om stoeiers te nomineer en voor ‘n datum aan die spanbestuurderskomitee deur te stuur.
1.2. Die spanbestuurderskomitee in samewerking met die afrigterskomitee kies die span uit die nominasies wat ontvang is. Noord-Gauteng oefensessies en vorige prestasies van stoeiers sal onder andere in ag geneem word.
1.3. Die finale span word vir goedkeuring aan die Uitvoerende Bestuur voorgelê en word daarna bekend gemaak.
1.4. Let wel geen Noord-Gauteng kleure word slegs aan hierdie stoeiers toegeken indien hy/sy ‘n medalje op die betrokke SA Toernooi kry.
2 Proewe / Kampioenskap
2.1. Waar daar ‘n proewe of kampioenskap plaasgevind het, sal die uitslae ‘n groot rol speel in die samestelling van die span deur die spanbestuurders- en afrigterskomitee.
2.2. ‘n Stoeier wat beseer of siek is en dus nie aan die proewe / kampioenskap kon deelneem nie, kan wel in ag geneem word vir die span, indien hy / sy:
- Inskryf vir die proewe / kampioenskap (Daar moet aangedui word dat die stoeier nie gaan deelneem aan die proewe nie.)
- ‘n Mediese sertifikaat moet voor of op die oggend van die inweeg ingehandig word deur die betrokke klub.
2.3. In uitsonderlike gevalle mag stoeiers wat weens ander redes nie aan die proewe / kampioenskap kon deelneem nie, en nie teenwoordig was tydens inweeg nie, ook oorweeg word om in die span opgeneem te word, indien hy / sy:
- Ingeskryf (en dus genomineer) is vir die proewe / kampioenskap
- Skriftelike bewyse saam met die inskrywing ingedien word waarom die stoeier nie kan deelneem nie en teenwoordig kan wees met die inweeg nie.
2.4. Na afloop van die kampioenskappe, voor die finaliseering van die span, kan ‘n klub stoeiers wat voldoen aan 2.2 en 2.3 nomineer in alternatiewe gewigte vir die saamstel van die span. Sulke verskuiwings sal oorweeg word vir die samestelling van die span op grond van die totale span se potensiaal om te presteer tot voordeel van NGS.
2.5. Vir spankeuse sal die bywoning van die vereniging se oefensessies en vorige prestasies in ag geneem word.
2.6. Die finale span word voorgelê vir goedkeuring deur die Uitvoerende Bestuur en word daarna bekend gemaak.
3 Noord-Vaal Liga
Die Noord-Vaal liga is nou uitgebrei om te groei na ‘n landswye liga en goedkeuring is verleen dat verenigings kan weg beweeg van die normale rooi en blou stoeipakke om ‘n span identiteit te kan bou.
Die Toernooi word beslis tussen stoeiers vanaf 7 jaar tot 20 jaar in die Presidente gewigte. Elke span skryf een stoeier per gewig in wat dan in span verband deelneem teen elke ander span. D
Om die Noord-Vaal liga weer te wen is een van Noord-Gauteng Stoei se prioriteite vir 2008.
Stoeiers se vertoning sal tydens die NGS Presidente Kampioenskappe, Tuks Ope, Limpopo Ope en die Sarel Bester Ope beoordeel word, om die sterkste moontlike span aan te wys.
|
|
 |
 |
|
 |
|
|
 |
|
 |
 |
Ons klub het ‘n persoon wat verantwoordelik is vir mediese aangeleenthede.
1 Doping
Ons klub is in besit van die lys van verbode middels. Stoeiers moet bewus
wees dat sekere energiemiddels ook verbodestowwe kan bevat. Asook dat alledaagse oor die toonbank medikasie ook verbodemiddels kan bevat. Die onus berus by die stoeiers om seker te maak voordat hulle enige medikasie neem(dit sluit voorskrif en nie-voorskrif medikasie in). Stoeiers kan ter enige tyd ,asook by kampioenskappe getoets word. Sou hulle wel positief toets, mag hulle die gevaar loop, om vir ‘n bepaalde tydperk geskors te word. Daar bestaan ook ‘n webtuiste waar seker gemaak kan word watter middels toelaatbaar is en watter verbodemiddels is.
Vir meer inligting kan die volgende webtuiste besoek word: http://www.drugfreesport.org.za en gaan dan na "drug search"
.en http://www. Wada-ama.org vir inligting oor spesifieke middels.
Ons klub se mediese verteenwoordiger is in besit van die lys van verbode middels en kan deurlopend geraadpleeg word.
2 Terapeutiese gebruik van verbodemiddels
In sekere gevalle is daar medisyne bv.Ritalin,insulien en asma pompies, wat as verbode middels beskou word. Hierdie middels moet wel vir terapeutiese doeleindes gebruik word. Daar moet so gou as moontlik,verkieslik in die begin van die jaar, ‘n aansoek vorm ingevul word. Hierdie aansoek moet via die voorsitter van die mediese komitee gestuur word na Drugfree-sport, sowel as die SA Mediese komitee om aansoek te doen vir ‘n vrystelling sertifikaat . Hierdie sertifikaat is gewoonlik geldig vir 2 jaar.
Hierdie vorm, volledig ingevul deur die betrokke dokter, moet vergesel word van ‘n voorskrif sowel as alle toepaslike mediese verslae.
Stoeiers moet kennis neem van die vervaldatum van die sertifikaat en weer betyds aansoek doen deur ‘n voledige vorm,voorskrif en verslae in te stuur.
Neem kennis dat hierdie ‘n tydsame proses is en nie uitgestel moet word nie.
3 Asma Pompies
Die gebruik van asma pompies val onder punt 8.2, maar die volgende moet ook in ag geneem word : die pompie moet op die tafel by die matvoorsitter geplaas word, voordat die wedstryd begin en daar gelaat word tydens die wedstryd . Pompies mag net eenkeer per wedstryd gebruik word. Die afrigter gaan haal die pompie by die tafel en bring dit vir die stoeier vir gebruik,waarna hy dit weer terug neem.
4 Velletsels
Vir enige velletsel, wat ‘n vermoede mag ontlok dat dit moontlik aansteeklik of ‘n omloop i mag wees, moet die stoeier ‘n brief (nie ouer as sewe dae) van ‘n dokter hê om te bevestig dat dit nie aansteeklik/omloop is nie. ‘n Stoeier mag nie met ‘n pleister of verband inweeg of op die mat verskyn vir sy eerste wedstryd nie. Behalwe as dit aangeteken word op die vorm vir goedgekeurde velletsels en toegmaak word na die inweeg, deur die mediese beampte. In die eerste wedstyd of daarna mag die stoeier wel ‘n pleister of verband aanbring of indien hy tydens ‘n wedstryd beseer word.
Let Wel:- Enige briewe ter stawing van siekte of velletsels moet tydens die mediese ondersoek ingehandig word.
|
|
 |
 |
|
 |
|
|
 |
|
 |
 |
Wanneer ‘n stoeier aan ‘n toernooi deelneem, moet hy geklee wees in ‘n stoeikostuum en geskikte skoene. Nuwe stoeiers word wel toegelaat om vir die eerste twee weke met kaalvoete te oefen, maar moet so gou moontlik stoeiskoene of sagte tekkies aanskaf.
Tweedehandse stoeipakke is van tyd tot tyd by die klub beskikbaar. Klubsweetpakke, T-hemde en stoeikostuums is beskikbaar teen billike pryse en kan by die klub aangekoop word. Wanneer ‘n stoeier vir die klub deelneem, word daar verwag dat hy die klubklere moet dra. Ons verwag dat stoeiers veral ‘n klub T-hempie moet aanskaf.
Daar is ook klubdasse en pette vir die ouers, ondersteuners en stoeiers beskikbaar.
|
|
 |
 |
|
 |
|
|
 |
|
 |
 |
Ons poog altyd om in die jaar ‘n inligtingsessie te hou om die werking van die klub en Vereniging aan die nuwe lede bekend te stel. Ons gaan ook ‘n ken-mekaar-aand aan die begin van die jaar hou, en mekaar hopelik beter leer ken. Hou dus die kalender en jaarprogram dop. Ons sien uit daarna om u beter te leer ken!!!
‘n Lentedans word in September gehou om fondse in te samel.(Venue,datum en kostes sal bekend gemaak word). Ander fondsinsamelingsprojekte en sosiale geleenthede sal ook van tyd tot tyd gereël word, om gees in die klub te bou, en u word versoek om ons asseblief te ondersteun.
Aan die einde van die jaar (13 November) hou ons ons jaarlikse klubafsluiting- en prysuitdelingsfunksie. Tydens hierdie geleentheid word stoeiers, afrigters en beamptes beloon vir hulle harde werk en prestasies deur die afgelope jaar. Meer detail mbt die plek, datum en koste sal later aan u deurgegee word.
Donderdagaande om 18:55 word belangrike sake van die volgende week of maand aan die ouers en stoeiers oorgedra. Ons versoek u dus om tog asseblief te bly tot na hierdie afkondiginge (±10 minute). Op die swartbord word ook belangrike sake aangedui wat u op hoogte sal hou van stoeigebeurlikhede.
Reitz Stoeiklub nooi ouers uit om betrokke te raak by die klub en sy funksionering. Ons het admin beamptes, beamptes, afrigters en spanbestuurders baie nodig. Die klub verskaf opleiding en bied u talle geleenthede om te ontwikkel, voordat daar sommer van ‘n persoon verwag sal word om dinge te vermag.
U word weereens hartlik verwelkom en uitgenooi om enige probleme, voorstelle of enige iets wat pla, met enige lid van die bestuur of ouerkomitee, te kom bespreek.
|
|
 |
 |
|
 |
|
|
 |
|