English version
Algemeen
Die klubfooie en jaarlikse registrasiegelde word op die aansoekvorm uiteengesit, en die klubfooie sal eers verhaal word alvorens enige registrasiegelde aan Noord-Gauteng Stoei oorbetaal sal word. Dit sal ‘n stoeier dus verhoed om aan toernooie deel te neem alvorens die klubverpligtinge nagekom is. ‘n Stoeier moet geregistreer wees om aan enige toernooi te kan deelneem.

Beskikbare information op hierdie bladsy:
Registrasiegelde
Klubfooie
Vriendskaplike Toernooie
Provinsiale & Nasionale Kampioenskappe
Registrasiegelde    
Die registrasiegelde by Noord-Gauteng en die Suid-Afrikaanse Stoei Federasie (SASF) beloop :
  • R 90,00 - Stoeiers (voorskool)
  • R 265,00 - Stoeiers (3de kind van gesin gratis)
  • R 0,00 - Kinderhuis kinders (handig bevestigingsbrief van instansie in)
  • R 0,00 - Behoeftige kinders
  • R 295,00 - Afrigters
  • R 295,00 - Beamptes
  • R 295,00 - Admin beampte
  • R 295,00 - Spanbestuurders
  • R 295,00 - Mediese Beamptes
  • R 20,00 - Stoeierskaarte
Klubfooie    
Registrasiegelde is R 550 per stoeier per jaar. Klubfooi is as volg uiteengesit:
    1ste Kind
  • - R 250 per maand vir 8 maande
  • - R 485 per kwartaal vir 4 kwartale
  • - R 950 halfjaarliks
  • - R 1850 eenmalig aan die begin van die jaar.

  • (Voor die einde van die eerste skooltermyn)
    2de Kind
  • - R 200 per maand vir 8 maande
  • - R 385 per kwartaal
  • - R 750 halfjaarliks
  • - R 1450 eenmalig aan die begin van die jaar.
    3de & meer Kinders
  • - Geen fooie behalwe intreefooi van R 250

  • (Derde en daaropvolgende lede van ‘n gesin betaal nie affiliasie gelde by NGS en SA nie).
NB Neem asb kennis dat u, as ouer/voog, verantwoordelik is vir die volle betaling van die termynfooi waarin u kind geregistreer het, al het hy slegs een oefensessie bygewoon. Klubgelde is streng vooruitbetaalbaar asseblief.

Nuwe lede betaal ook ‘n eenmalige intreefooi van R 250,00.

Indien daar enige probleme ondervind word met die betaling van die gelde, moet daar asseblief nie geskroom word om met een van die bestuurs- of komiteelede te gesels nie. Sulke aangeleenthede sal streng vertroulik hanteer word.

Klubfooie word aangewend vir die algemene bestuur van die klub. Registrasiegelde word aan Noord-Gauteng Stoei oorbetaal wat dan op sy beurt weer ‘n gedeelte aan die Suid-Afrikaanse Stoei Federasie oorbetaal.
Toernooie en Provinsiale Kampioenskappe    
Toernooie word gewoonlik op Vrydagaande, of indien daar ‘n Saterdag oop is, tussen klubs gereël. Deelname is gratis en stoeiers word aangemoedig om aan hierdie interklubtoenooie deel te neem. Soms word dit in ons eie klubsaal aangebied, maar dit mag ook by ander klubs plaasvind. Ons moedig deelname aan hierdie toernooie aan, aangesien dit baie goed is vir die ontwikkeling, vordering en voorbereiding van stoeiers.

Uitnodigingsopes geskied op uitnodiging aan die klub en vooraf inskrywing word gewoonlik vereis. ‘n Inskrywingsfooi is betaalbaar en medaljes word aan die eerste drie plekke toegeken. Die inskrywingsgelde moet betaal word met inskrywing. Voldoende afrigters en beamptes is ook ‘n vereiste vir deelname deur die klub.

    Die inskrywingsgelde vir kampioenskappe en opes in die Vereeniging ,is as volg:
  • Bulletjiestoernooie
  • R 25
  • Nico Visser Beginners
  • R 90
  • NG Presidente Kampioenskappe
  • R 120
  • NG Jeug, KAD en SNR Kampioenskappe
  • R 130
  • Johnnie Reitz – Big 5
  • R 140
  • Massaverskuiwings
  • R 50
  • Laat inskrywings
  • R 85
  • Behoeftigde stoeiers
  • R 75
Nasionale Kampioenskappe    
Provinsiale kampioenskappe en proewe word gehou om die Provinsiale kampioen vir die jaar te bepaal en ook spanne te kies vir die Nasionale kampioenskappe waar daar om die SA titels in die onderskeie gewigsafdelings en ouderdomme meegeding word. Inskrywingsgelde is betaalbaar.
    Die inskrywingsgeld vir SA aangeleenthede is dus as volg:
  • SA Kampioenskappe
  • R 190
  • SA Gradering
  • R 130
  • SA Streek
  • R 140
Terms & Conditions